Sop is ‘n kragtige hulpmiddel

Maak ’n verskil met klere en komberse

Deur: Ds René Potgieter

’n Eenvoudige maar kragtige manier om mense in nood te help, is deur sop te kook en uit te deel. Wintermaande bring in kwesbare gemeenskappe en gesinne baie uitdagings mee en ’n warm bakkie sop kan ’n groot verskil maak.

Sopkombuise en gemeenskapsvoedselprojekte speel ’n belangrike rol om mense wat  nie genoeg kos of skuiling het nie, te ondersteun.  As gemeente probeer ons hierdie sopkombuise se hande versterk deur vir hulle klaar voorbereide sop te skenk, wat hulle dan kan uitdeel. Deur bestanddele te skenk, of self sop voor te berei, kan ons ’n betekenisvolle verskil in ander se lewens maak.

Baie dankie vir elkeen wat bereid is om te help – op hierdie manier kan ons uitreik na baie honger mense gedurende die wintermaande.

Neem asseblief van die sakke met sopbestanddele, asook die resep, in die voorportaal van die kerk en kook die sop.  Jy kan die sop dan in ‘n roomysbak vries en uit dop in ‘n plastieksak.  Gee die bevrore sop asseblief by die markplein of kerkkantoor af.

Kontak Anene Nortier by 083 581 6930 indien jy enige navrae oor die sop het.