Annibrand Kafeteria

Bybelskool vir jong werkendes
Winterhulpprojek

31 Mei net na die oggenddienste

Met die opbrengs van kafeteria-verkope wil Annibrand Junior vir elkeen van die 35 graad R-leerders van die Shiloh-preprimêre skool in Klipheuwel ’n skooltassie met skryfbehoeftes gee.  Die kinders begin volgende jaar hul skoolloopbaan by Klipheuwel Primêre Skool. Met hierdie projek wil ons elke tjokker met die nodige toerusting bemagtig om die skooljaar op ’n hoogtepunt af te skop.

Kom koop op Sondag 31 Mei net na die oggenddienste:

  • lekkers,
  • vars springmielies
  • pizzaskywe
  • pannekoek
  • hoender-en-mayonnaise-toebroodjies.