


MISSIE: SKEPPING SOS
Ons Missie: ‘n Wêreldreis saam met agente van G.R.O.E.N. (Geheime Reddingsorganisasie van Ons Enigste Natuur). Ons besoek plekke waar stropers en saboteurs ons pragtige wêreld groot skade aangedoen het. Ons gaan kuier ook by helde wat ons natuur probeer red.
Kom beleef ‘n avontuurbelaaide vakansieprogram vir graad 1-6 met hope pret, uitdagings, speletjies, stories, handwerk (crafts), en vele meer!
Ons nooi graad 7’s om as deel van die leierspan by ons aan te sluit.
Wanneer: Maandag 6 Julie – Donderdag 9 Julie
Tyd: 9:00 – 12:00
Waar: Stellenberg-gemeente se salekompleks
Koste: AFSLAG as jou kind al 4 dae bywoon! R280 per kind vir al 4 dae. R80 per kind per dag vir enkel dae. ‘n Deel van die inskrywingsgeld gaan ons gebruik om ‘n BAIE spesiale WWF Suid-Afrika projek te ondersteun en die kinders gaan hulle insette daarvoor kan gee.
Inskrywings: Inskrywings sluit 3 Julie. Skryf so gou moontlik in. Klik op die Skakel om in te skryf: https://forms.gle/C4kYQuASStypst97A
Stuur bewys van betaling aan brenda@stellenberg.co.za
Noodkontaknommers tydens die vakakansieprogram:
Brenda Visser 082 34 555 35