Dagstuk | Vrydag 13 November 2026

Dagstuk | Donderdag 12 November 2026
Dagstuk | Saterdag 14 November 2026

Hierdie week word ons genooi om te vra hoe God ons vorm.

2 Korintiërs 3:18

Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is.

 Een van die mooiste beloftes in die Bybel is dat God nog nie klaar is met ons nie.

Ons kyk dikwels na ons tekortkominge en sien alles wat nog verkeerd is. God kyk egter na ons met die oë van ‘n Pottebakker. God sien nie net wat ons nou is nie; God sien ook wat ons besig is om te word.

Paulus beskryf geloofsvorming as ‘n voortdurende transformasie. God hervorm ons voortdurend deur sy Gees om meer soos Christus te wees.

Hierdie proses duur ‘n leeftyd lank. Daar sal dae wees wanneer ons voel ons groei vinnig, en daar sal dae wees wanneer niks blyk te verander nie. Tog bly die Gees werk.

Die goeie nuus is dat ons nie onsself hoef te verander nie. Ons taak is om beskikbaar te wees. God doen die vorming. God doen die hervorming. God voltooi die werk wat Hy begin het.

Dink vandag verder:

  • Waar sien jy tekens van God se vormende werk in jou lewe?
  • Wat maak dit moeilik om die proses van vorming te vertrou?
  • Hoe kan jy vandag met groter oopenheid in die Pottebakker se hande rus?

Gebed

Heilige Gees, dankie dat U steeds in my werk. Wanneer ek moed verloor, herinner my dat U nog nie klaar is met my nie. Vorm my dag vir dag na die beeld van Christus, totdat U liefde deur my lewe sigbaar kan word. Amen.