Samesang van Kersliedere | Oukersaand

Stellenberg Saamkuier: 12 en 13 Feb. 2027
Kersdienste 08:00 en 09:00

Op Donderdagaand 24 Desember word die gebruiklike samesang van Kersliedere in die kerk aangebied.

Ons kom vanaf 19:00 tot 19:30 in die kerk bymekaar en ds. Johan Visser sal die samesang lei. Bring gerus kuiergaste, familie en vriende saam om die gees van Kersfees ook deur musiek te ervaar.