Dagstuk | Vrydag 3 Mei 2024

Dagstuk | Saterdag 4 Mei 2024
Dagstuk | Donderdag 2 Mei 2024

Vandag is Vrydag 3 Mei en hierdie week is ons baie opgewonde om die bekende Hettie Brittz komende Sondagaand om 19:00 by Stellenberg-gemeente te ontvang met haar boek wat verwerk is met die tema: Kweek kinders met karakter. Dus is ons die week saam op reis opsoek na Bybelse waarhede en wyshede oor karaktervorming binne ons eie lewens.

Galasiërs 5:22-23 “Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing.” Ons moet elkeen daarna streef om te groei in hierdie vrug saam met ons kollegas, vriende en kinders. Dit is ‘n teken van ‘n karakter wat deur God se Gees gevorm word. Hierdie vrug van die gees is nege eienskappe van ‘n ware Christelike lewe. Let daarop dat dit nie individuele vrugte is wat ons kan kies en keur nie, maar een negevoudige vrug wat ‘n fisiese omvatting van ‘n Christen se veranderde lewe is.

Wysheid: Foute wat gemaak word skep geleenthede vir groei. Leer mekaar om foute te erken, daarvoor verantwoordelikheid te neem en daaruit te leer, eerder as om iemand te veroordeel. Maar weet dat Christus in jou woon. Mag die Gees van God jou almeer bewoon sodat die vrug van die Gees deur jou gestalte kan vind.

Gebed: Here, leer ons en ons kinders om dankbaar te wees vir al die seëninge wat U vir ons gee. Mag ons nederigheid leer en besef dat al ons gawes van U kom. Help ons om mekaar te dien met ‘n dankbare en nederige hart.

Amen.