Dagstuk | Maandag 8 April 2024

Dagstuk | Dinsdag 9 April 2024
Dagstuk | Saterdag 6 April 2024

Vandag is Maandag, 8 April en ons gaan  hierdie week bietjie saam reis deur die laaste deel van ons gemeente se belydenis: Om voordurend te vernuwe.

Ons het sowat twee weke terug op Jesus se kruisiging, dood en opstanding gefokus. Ons het gevier dat Jesus vir my en vir jou so lief gehad het dat Hy bereid was om pyn en lyding te ervaar sodat ek en jy van ons sonde, skoon gewas kan word. Sodat ek en jy nuwe mense in Christus kan word.

2 Korintiërs 5:17 Sê “Iemand wat aan Christus behoort, is ‘n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom”.

Nou om voordurend te vernuwe is dit nodig dat ons lewe asof ons nuwe mense in Christus is. Ons moet lewe asof Jesus Christus ons Verlosser lewe en ons ’n tweede kans gegee het op die lewe.

James, E, Faust het gesê: “The thankful heart opens our eyes to a multitude of blessings that continually suuround us”.

Dis om die seëninge rondom ons raak te sien en die Here daarvoor te dank.

Ek wil julle uitdaag om ’n oomblik te sit en stil te word en na te dink oor wat dit vir jou beteken dat Jesus vir ons ’n nuwe identiteit gegee het deur sy kruisging, dood en opstanding.

Gebed:

Here dankie vir U onvoorwaarlike liefde. Dankie vir al u seëninge in ons lewens, al kyk ons dit dikwels mis.  Dankie dat U vir ons sondes aan die kruis kom sterf het, sodat ons skoon gewas kon word van ons sondes. Here gee ons vandag insig hoe om daagliks te lewe soos iemand wie se identiteit in U gevestig is. Help ons om met u bril na die aarde te kyk.

Amen