Dagstuk | Dinsdag 12 Maart 2024

Dagstuk | Woensdag 13 Maart 2024
Dagstuk | Maandag 11 Maart 2024

Ek nooi jou graag uit om hierdie week saam te dink oor een van ons waardes: Ons reik uit oor grense heen. Om ons te help om hieroor te dink lees ek graag ons teksvers uit

Matteus 5: 43-45

“Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘Jou naaste moet jy liefhê en jou vyand moet jy haat.’ Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle vyande liefhê, en julle moet bid vir dié wat vir julle vervolg, sodat julle kinders kan wees van julle Vader in die hemel. Hy laat immers sy son opkom oor slegtes en goeies, en Hy laat reën oor dié wat reg doen en oor dié wat verkeerd doen.

Daar is sekerlik min van Jesus se opdragte wat so moeilik is om te ontvang soos hierdie een: julle moet julle vyande liefhê. Daar is baie mense wat van die opinie is dat dit nie moontlik is om volgens die opdrag te leef nie. Dit is maklik om mense lief te hê wat jou liefhet, maar hoe het jy iemand lief wat jou vynand is. Ek dink veral teen die agtergrond van alles wat nou op die oomblik rondom ons in die wêreld gebeur daag hierdie woorde ons opnuut uit. Ons samelewing is op die pad van wraak en vergelding en daarom is Jesus se woorde ’n vereiste vir ons oorlewing. Om lief te wees vir ons vyande is volgens Jesus die oplossing vir probleme in die wêreld. Ek is seker Jesus het die kompleksiteit verstaan wat gepaard gaan met hierdie opdrag. Hy het nooit regtig gepraat oor die lewe as iets wat maklik en eenvoudig is nie. Hy het verstaan dat enige uitdrukking van liefde groei en vorm vanuit ’n oorgawe aan God. Jesus het verstaan wat die implikasie van liefde vir vyande is. Ek dink dis op hierdie punt wat ons uitgedaag word om binne ons konteks te vra wat hierdie woorde vir ons beteken. En hoe ons kies om dit uit te leef. Ek lees graag ‘n gebed van die Corrymeela gemeenskap:

God of those in rivalry with us

God of a humility at work within us:

May we start with the assumption that we have more to learn

Than to teach

More to hear

Than to explain

More to admire

Than to judge

And then may we find a stronger companion

In the mutual respect

That overpowers our conceit

Amen