Dagstuk | Vrydag 9 Februarie 2024

Dagstuk | Saterdag 10 Februarie 2024
Dagstuk | Donderdag 8 Februarie 2024

Die teoloog Jan Richardson herinner ons dat vreugde ’n manier het om ons te ontmoet in die mees komplekse tye en oomblikke van ons lewens. Vreugde, vertel sy, is die genade wat ons van God ontvang, wat ons die krag gee om te staan te midde van ons verlies, pyn en chaos en om te weier dat dit nie die finale sê het nie. Vreugde vra van ons om te vertrou dat daar meer aan die gang is as wat ons kan sien en verstaan. Vreugde nooi ons uit om deel te neem aan die lewe en nie net toeskouers te wees nie. Vreugde is die ontdekking dat alles in die lewe ’n gekenk is. Mag jy vandag kies om vreugdevol te wees.

Ek lees graag ‘n seengebed van vreugde deur Jan Richardson:

HOW JOY WORKS
A Blessing

You could not stop it
if you tried—
how this blessing
begins to sing
every time it sees
your face,
how it turns itself
in wonder
merely at the mention
of your name.

It is simply
how joy works,
going out to you
when you least expect,
running up to meet you
when you had not thought
to ask.

—Jan Richardson