Die grootste deel van die Nuwe Testament bestaan uit briewe wat deur Paulus aan die vroeë gemeentes geskryf is. Dit is dikwels vir ons moeilik om elkeen van Paulus se briewe afsonderlik te beoordeel en die belangrike nuanses en verwikkelinge wat in die skrifgedeeltes opgesluit lê, te begryp. In die aanlyn Bybelskool gaan ons juis dit doen. Ons gaan in Paulus se voetspore loop en ontdek hoe nuwe moontlikhede vir gelowiges onder leiding van God se Gees in hulle eie leefwêrelde gerealiseer het.
Aanbieder: Ds. Marius Breytenbach