Teks 1 Johannes 4:15-16
Wie bely dat Jesus die Seun van God is – God bly in hom en hy in God. 16En ons ken die liefde wat God vir ons het, en ons glo daarin. God is liefde; wie in die liefde bly, bly in God en God bly in hom.
Lydenstyd nooi mense uit om bewus te word van ons seer, skaamte en dat ons almal maar mense is met foute en tekortkominge. Dis ook ‘n tyd waar ons mekaar herinner dat die Here ons uitnooi om verder te kyk as wat ons nou hier voor ons sien en as wat ons nou ervaar. Dat lig wel die duisternis oorwin het. En orals waar ons probeer om lief te hê en om deernis te hê beteken dit om op te kyk en verder te kyk as wat ons nou sien. In hierdie dae van Lydenstyd is ons diep bewus van ons afhanklikheid van God en dat ons maar die meeste van die tyd sukkel om die lewe reg te kry. Mag ons dan vashou aan die woorde dat God ons liefhet, met ‘n liefde wat ons vry maak om ook lig te wees vir ander in tye van donkerte.
Ek lees graag ‘n gebed van die Corrymeela-gemeenskap in Ierland
God of the dust we were before
God of the dust we will become,
God of the breath that has brought this dust to life:
Each day contains a miracle bound by our morality.
In this season, we mark ourselves as creatures dependent on you,
Drawn up from a shared earth,
And separated from each other
Only by a desire to be more than we are.
May we, who return to the earth,
Use these days to draw closer to you and to all those who share
This earth, this breath,
This animating love that can bring even ashes to life
Amen