Dagstuk | Dinsdag 19 November 2024

Dagstuk | Maandag 18 November 2024
Dagstuk | Woensdag 20 November 2024
https://youtu.be/Unx5x2F-G-4
Vandag is Dinsdag 19 November en ons reflekteer die week oor Soli Deo Glorie: Aan God alleen die Eer!

Vandag is ‘n Oproep tot Nederigheid

Bybelvers: “Wie hoogmoedig is, sal verneder word, en wie nederig is, sal verhoog word” – Matteus 23:12

Soli Deo Gloria roep ons tot nederigheid. In ‘n wêreld wat dikwels diegene wat op die voorgrond staan, vereer, is dit vir ons maklik om die erkenning vir onsself te soek. Tog leer Jesus ons dat ware grootheid nie in selfbevordering is nie, maar in selfonderwerping aan God.

Wanneer ons in nederigheid leef en erken dat alles wat ons is, van God af kom, is dit ‘n manier om Hom die eer te gee. Dit is nie ons eie dade, of prestasies wat die eer verdien nie, maar dit is God wat ons bemagtig, lei en versterk. Soli Deo Gloria dui ons aan om nie ons eie naam te soek nie, maar God se naam groot te maak in alles wat ons doen.

Jesus se woorde in Matteus 23:12 herinner ons aan die belangrikheid van nederigheid. As ons Hom wil verheerlik, moet ons onsself laer stel en Hom bo alles stel. Ons optrede moet nie gemotiveer wees deur die begeerte om erkenning vir onsself te kry nie, maar eerder om God te verheerlik.

Gebed: Here, help my om nederig te wees en U die eer te gee in alles wat ek doen. Mag ek nie die fokus wees nie, maar U. Laat my optrede altyd wees om U naam groot te maak. Soli Deo Gloria. Amen.