https://youtu.be/e0g8-XSJegE
Op dag 2 het ons gestap vanaf Portomarin tot in Palas de Rei. Dit is so 25 km se stap. Op die dag was daar ook verskeie ervarings. Eers is ‘n mens onseker of jy 25 km sal kan stap. Dan is dit absoluut wonderlik hoe jy krag kry as jy in die stappery is. Die vers wat by my opgekom het is in Jesaja 40:30-31. 30Selfs jongmanne word moeg en raak afgemat, selfs manne in hulle fleur struikel en val, 31maar dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie.
Elke pilgrim ontvang ook ‘n boekie waarin jy stempels moet bymekaar maak om te bewys dat jy wel die roete gestap het. So kom ek toe by ‘n klein Rooms Katolieke kerkie waar ek ‘n stempel kan ontvang. Binne in die tempel is ‘n blinde priester wat die stempels in al die pelgrims se boekies druk. Hy verduidelik mooi hoe ’n mens sy sy hand aan die bokant moet vas hou en dan op die plek waar jy die stempel wil hê, moet neer sit. Dit het my so diep geraak, want ek het besef so kom vat God elkeen van ons se hande en lei ons waar hy ons wil hê of gebruik. Ons moet net bereid wees om ons hand in Syne te plaas en die toelaat dat Hy ons lei.
GEBED:
Here, gee my asseblief die krag en genade om deur hierdie lewe te reis. Neem my hand en lei my op die pad wat U wil hê ek moet loop. Amen