https://youtu.be/W1DsBoFBZsc
TEKS: Hebreërs 10: 23 Laat ons styf vashou aan die hoop wat ons bely, want God is getrou: Hy doen wat Hy beloof het
Ons bly by die tema van vashou/vasklou. Vandag ‘n teks uit die Nuwe Testament. Dit is maklik om te sê ons moet vashou aan die hoop en daardie hoop met oortuiging bely, maar dis amper onmoontlik om dit te doen wanneer dinge hopeloos voel, tensy jy ‘n rotsvaste anker het om jou hoop op te baseer. En net hier gee God jou daardie rede. Kyk weer . . . Laat ons styf vashou aan die hoop wat ons bely, want God is getrou: Hy doen wat Hy beloof het.
Hoekom kan jy vashou aan daardie hoop? Hoekom kan jy daardie hoop bely? Hoekom kan jy dit doen sonder om te wankel? Omdat God altyd getrou aan sy beloftes is. Hy is getrou om jou deur die offer van Jesus aan die Kruis van jou sonde skoon te was. Hy is getrou om jou tot aan die einde toe styf vas te hou.
Jesus Christus het dit vir ons moontlik gemaak om ‘n liefdevolle verhouding met God te hê. Jesus is ons volmaakte priester wat Homself opgeoffer het, sodat al God se kinders met Hom verenig kan word.
Een manier is om in hoop te leef – hoop waaraan ons styf kan vashou, onwankelbare hoop. Selfs wanneer dit swaar gaan in ons lewens om elke oomblik as die moedeloosheid jou wil oorval hierdie woorde te bely: God is getrou, Hy doen wat Hy beloof het. Mag jy aan hierdie hoop vashou.
Here, help ons om getrou te bly aan die hoop wat U deur Jesus Christus aan ons gegee het. Omring ons asseblief met ander Christene wat ons in hierdie lewe met hoop sal bemoedig. Amen