Dagstuk | Donderdag 21 November 2024

Dagstuk | Woensdag 20 November 2024
Dagstuk | Vrydag 22 November 2024

Vandag is Donderdag 21 November en ons reflekteer die week oor Soli Deo Glorie: Aan God alleen die Eer!

Vandag binne ons tema gesêls oor die Kuns van Soli Deo Gloria

Bybelvers: “Elke goeie gawe en elke volmaakte geskenk kom van bo” — Jakobus 1:17

Kuns is een van die wonderlike maniere waarop mense God kan verheerlik. Of dit in musiek, skilderkuns, letterkunde, of enige ander vorm van kreatiwiteit is. Kunstenaars het die vermoë om die skoonheid van God se skepping te reflekteer en ander na Hom toe te lei. Soli Deo Gloria herinner ons daaraan dat kuns nie net vir ons eie plesier, of om ons talente te wys is nie, maar alles wat ons skep, moet uiteindelik die eer van God bewerkstellig.

In Jakobus 1:17 herinner ons dat elke talent wat ons het, van God kom. Dit is nie ons eie werk nie, maar God wat ons bemagtig om Sy skepping na te beeld. As kunstenaars en skeppers, moet ons nooit die eer vir onsself neem nie, maar alles wat ons skep, moet na God toe terugkeer as lof en dank.

Gebed: Here, dankie vir die kreatiwiteit wat U in my geplaas het. Help my dat elke daad van skepping nie vir my eie erkenning is nie, maar vir U eer en glorie. Mag ek elke kunswerk as ’n gebed aan U aanbied. Soli Deo Gloria. Amen.