Dagstuk | Donderdag 22 Februarie 2024

Dagstuk | Vrydag 23 Februarie 2024
Dagstuk | Woensdag 21 Februarie 2024

Teks: Psalm 46:11 (NLV) Wees stil en weet Ek is God!

GEDAGTE

Het jy al in ’n donker vertrek gesit en na musiek geluister. Veral klassieke musiek klink net anders as jy in stil in ‘n donker vertrek sit en daarna luister. Dis asof die note en klanke lewendig word.

Een van die belangrikste dinge wat ons in ons wêreld vandag kan leer, is om stil te wees.

Ek glo dat een van die groot redes hoekom baie van ons so uitgebrand en uitgestres is, is omdat ons nie weet hoe om stil te wees nie. Deur tyd met God te spandeer leer ons Hom ken en leer ons hoe om Sy stem te hoor sodat Hy ons paaie kan aanwys.

Ons moet leer hoe om stil aan die binnekant te wees en in ‘n vredevolle plek te bly, sodat ons altyd reg is om God se stem te hoor. Baie mense hardloop vandag net van een ding tot die volgende. Omdat hulle nie weet hoe om stil te wees in hul gedagtes nie, weet hulle nie hoe om stil te wees in hul harte nie.

Dit is dikwels eers in werklike stilte wanneer ons tot rus kom en regtig luister dat ons God se stem hoor. Dat God ook die kans kry om met ons te praat en te bedien met Sy liefde en genade.

GEBED

Here, Ek raak doelbewus vandag stl by U. Voed my siel en gedagtes met U heilige stem. Amen