Dagstuk | Maandag 11 Maart 2024

Dagstuk | Dinsdag 12 Maart 2024
Dagstuk | Saterdag 9 Maart 2024

Ek nooi jou graag uit om hierdie week saam te dink oor een van ons waardes: Ons reik uit oor grense heen. Om ons te help om hieroor te dink lees ek graag ons teksvers uit

1 Johannes 4:8

Geliefdes, ons moet mekaar liefhê, want liefde kom van God, en elkeen wat liefhet, is ‘n kind van God en ken God. Wie nie liefhet nie, het geen kennis van God nie, want God is liefde. Hiérin is God se liefde vir ons geopenbaar: sy enigste Seun het Hy na die wêreld toe gestuur sodat ons deur Hom die lewe kan hê. Werklike liefde is dít: nie die liefde wat ons vir God het nie, maar die liefde wat Hy aan ons bewys het deur sy Seun te stuur as versoening vir ons sondes.

Geliefdes, as dit is hoe God sy liefde aan ons bewys het, behoort ons mekaar ook lief te hê. Niemand het God nog ooit gesien nie, maar as ons mekaar lief het, bly God in ons en het sy liefde in ons sy doel volkome bereik.

Die teoloog Richard Rohr skryf: “The beginning and end of everything is love. Only inside of this mystery of the exchange of love can we know God. If we stay outside of that mystery, we cannot know God”. Ek dink vir baie van ons is dit nie altyd ‘n maklike en eenvoudige opdrag om saam met ons te neem nie. Miskien omdat liefde iets meer van ons vra as bloot iets op die lysie van doendinge af te merk. Liefde vra van ons om na mense te kyk soos God na ons kyk. Liefde vra van ons om na onsself te kyk met sagter oe. Ek dink dit voel vir baie van ons asof ons nie altyd dit reg kry nie want wie van ons het al ten volle liefgehad. As almal is maar beginners. Daarom is hierdie woorde van die skrywer ‘n troos om te weet ons kan elke dag opnuut probeer. Van vooraf. Ons hou vas aan die troos dat God se liefde en genade ons nooi om nie op te gee nie maar dit te waag oor grense. Dis in daardie misterie van liefde ontvang en liefde uitdeel dat ons God ontmoet.