Dagstuk | Maandag 23 Desember 2024

Dagstuk | Saterdag 21 Desember 2024
Dagstuk | Dinsdag 24 Desember 2024

Vandag is Maandag 23 Desember en ons is die week sterk oppad na Kersdag waar Jesus, God Homself wat oor grense beweeg het, mens geword het en tussen ons kom woon het.

Om hierdie diep betekenis verder te verken, staan ons vandag stil by die belofte van hoop.

Teks: Jesaja 9:5

“Vir ons is ‘n Seun gebore, aan ons is ‘n Seun gegee; Hy sal heers, en Hy sal genoem word: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors.”

God het Sy volk nie vergeet nie. In die donkerte van die wêreld het Hy die belofte van hoop gegee deur die geboorte van Jesus Christus.  Kerstyd herinner ons daaraan dat ons ‘n Verlosser het wat ons nooit los nie. Hoop is soos ‘n kers wat helder skyn in donker tye. Die belofte van Christus se koms herinner ons dat ons nooit alleen in ons stryd is nie.

Inspirasie:

Stel jou voor jy is in die koue nagte van Bethlehem. Die geboorte van Jesus verteenwoordig die eerste glinster van dagbreek vir die wêreld. Laat dit jou inspireer om hoop vas te hou, selfs wanneer omstandighede moeilik is.

Gebed: Here, dankie dat U vir ons die belofte van hoop gegee het deur Jesus. Mag ons harte gevul wees met verwagting en geloof, selfs in uitdagende tye. Lei ons om U lig in die wêreld te weerkaats. Amen.