Dagstuk | Saterdag 14 September 2024

Dagstuk | Vrydag 13 September 2024
Dagstuk | Maandag 16 September 2024

https://youtu.be/z2gIALRXoyQ

Teks: Psalm 4:9

9Nou sal ek onbesorg gaan lê en dadelik aan die slaap raak, want, Here, U alleen laat my veilig woon.

 GEDAGTE: TEVREDE BY DIE HERE

Hoe is dit moontlik om in uitdagende omstandighede bedaard, kalm en rustig te wees? Is dit enigsins moontlik? Is dit dalk nie onrealisties om so iets van ‘n mens te verwag nie. Psalm 4 wil vir ons sê: Ja, dit is inderdaad moontlik. Maar dit is nie moontlik vir dié mens wat op sy eie vermoëns steun nie. Ook nie vir hulle wat op wankelbare aardse sekuriteite vertrou nie. Selfs nie vir hulle wat meen dat hulle geloof baie sterk is nie. Allenig by God. Slegs by God is daar hoop en vrede.

Hoe kan ons tevrede wees? Omrede ons weet…..

God is in beheer. Hy heers oor die magte van die natuur en die politieke magte. Hy is ons toevlug; beskerming; helper en  beskutting. Die psalmdigter le baie klem daarop dat al verander alles en ja selfs die wereld in chaos is God steeds in beheer. Wanneer die krisis God se volk oorweldig hoef hulle nie rond te skarrel nie en te soek na hulp nie. God is daar. Daar hoef nie vrees te wees by hulle wat skuil by die onbeweeglike Rots nie. Hulle hulp kom juis van die Here wat hemel en aarde gemaak het.

God is in beheer. As Skepper is Hy totaal in beheer van al die aardse chaotiese magte. Hy tem alle wêreldse magte. Selfs al vergaan die standvastige dinge soos die aarde, die berge kan die volk Israel steeds bely: “God is in beheer”. Met hierdie geloof en vaste vertroue op die Almagtige God, kom staan die gelowige van vandag ook en kan ons verklaar. “Daarom is ek nie bang, want God is in beheer”.  Daarom kan ek tevrede wees, want God is in beheer.

 GEBED

Here ek stel my vertroue volkome in U. Ek vertrou U en ek kom raak nou rustig by U. Amen