Dagstuk | Saterdag 28 September 2024

Dagstuk | Vrydag 27 September 2024
Dagstuk | Maandag 30 September 2024

Goeiedag, vandag is Saterdag 28 September en gedurende dié maand het ons as gemeente gefokus op hoe ons na die skepping kan omsien.

Kom ons lees Matteus 6:25 tot 27 saam:

25“Daarom sê Ek vir julle: Moet julle nie bekommer oor julle lewe, oor wat julle moet eet of drink nie, of oor julle liggaam, oor wat julle moet aantrek nie. Is die lewe nie belangriker as kos en die liggaam as klere nie? 26Kyk na die wilde voëls: hulle saai nie en hulle oes nie en hulle maak nie in skure bymekaar nie; julle hemelse Vader sorg vir hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie? 27Trouens, wie van julle kan deur hom te bekommer sy lewe met een enkele uur verleng?

Die teks herinner ons dat die Here omsien na die kleinste diertjies op aarde en so sal Hy ook omsien na ons. Hy hou vir my en vir jou elkeen styf in sy hande vas.  Ek wil jou uitnooi om dié week elke keer wanneer jy ’n voëltjie, of ’n mooi blommetjie sien, vir die Here dankie te sê vir die skepping. Tweedens wil ek hê dat wanneer jy na die skepping kyk, jy sal besef dat die Here by jou is. Net soos wat Hy by die wilde voëls is,  net so is Hy by my en by jou. Derdens wil ek hê dat wanneer ons iets moois in die Skepping sien dat ons vir onsself daaraan sal herinner dat ons as God se verteenwoordigers ook moet omsien na sy Skepping.