Teks: Lukas 10:27
Daar was ‘n wetgeleerde wat aan Jesus ‘n strikvraag wou stel. Hy staan toe op en vra: “Meneer, wat moet ek doen om die ewige lewe te verkry?”
26Jesus sê vir hom: “Wat staan in die wet van Moses geskrywe? Wat lees jy daar?”
27Hy antwoord: “Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag en met jou hele verstand, en jou naaste soos jouself.” “Jy het reg geantwoord,” sê Jesus vir hom. “Doen dit en jy sal die lewe verkry.”
Die interaksie tussen Jesus en die wetsgeleerde herinner my aan die waarde en krag wat daar is in eenvoud. Ek is geneig om nie altyd die waarde en mooiheid van eenvoud raak te sien nie. Soos Jesus se reaksie op ‘n strikvraag. Wees lief vir God en vir mense- dis waaroor die lewe gaan. Die teoloog Carel Antonissen het ‘n tydjie gelede in refleksie oor hierdie gedeelte geskryf dat hy lank gelede al moes leer dat die geheim van woorde of beelde wat die hart aanraak en ontroer meesal in stilte gebore word – ook ‘n bepaalde eenvoud bevat wat ons diepste gevoelens en worstelinge kan vertolk.
Ons leef in ‘n komplekse digitale wêreld waar ons, oorweldig deur ‘n oorvloed van dikwels ongekontroleerde informasie en kennis, die gevaar loop om daagliks met versplinterde aandag en selfs verskeurde lewens te leef.
Vir gelowiges dink ek beteken dit dat ons bewus moet wees aan ‘n veelheid van stemme en aansprake wat mens se aandag so in beslag kan neem. Mag ons die weg van geloof, die weg van eenvoud leer vertrou en omarm