Dagstuk | Vrydag 21 Februarie 2025

Dagstuk | Donderdag 20 Februarie 2025
Dagstuk | Saterdag 22 Februarie 2025

Romeine 8:18

18 Ek is oortuig dat die lyding van die huidige tyd nie vergelyk kan word met die heerlikheid wat bestem is om aan ons geopenbaar te word nie.

Refleksie

Paulus herinner ons dat ons huidige lyding nie vergelyk kan word met die heerlikheid wat in ons geopenbaar sal word nie. Dink aan die “berge” in jou lewe wat jy vroeër hierdie week geïdentifiseer het. Hoe verander die belofte van toekomstige heerlikheid jou perspektief op hierdie uitdagings? Soms vorm die uitdagings van ’n pelgrimstog ons geloof op maniere wat nie in die veiligheid van ons sitkamer kan gebeur nie. Ons leer ken God op ’n ander wyse wanneer ons deur valleie beweeg en die uitdagende berge rondom ons sien. Dink aan hoe God jou huidige uitdagings kan gebruik om jou moontlik vir toekomstige bediening te vorm. Of hoe kan die jy deur jou ervaringe van uitdagings in die verlede, ander mense vandag bemoedig, vertroos, of eenvoudig met empatie en liefde toevou?

Vandag, soek geleenthede om iemand anders aan te moedig met die hoop wat jy in Christus het.

Gebed

Here, ons dank U vir die hoop wat ons in Christus het. Help ons om hierdie hoop met ander te deel en ons oë gerig te hou op die heerlikheid wat geopenbaar sal word. Vorm ons, ook deur ons uitdagings, om meer soos Christus te wees. Amen.