Ons vier saam ons feesmark fees die week en staan stil by verskillende feeste van die Bybel. Ons sluit die week af deur stil te staan by die bruilofsfees van die Lam.
Openbaring 19:1-10
7Laat ons bly wees en ons verheug en aan Hom die heerlikheid gee, want die bruilof van die Lam het gekom en sy vrou het haar gereed gemaak.
BOODSKAP
Daar is interessante ooreenkomste tussen die Joodse bruilof en ook die bruilof tussen Christus en die kerk. Volgens die Joodse tradisie wanneer ‘n jong man wou trou, so hy, of sy pa na die aanstaande bruid se huis gaan. Hulle het dan gewoonlik gegaan om die bruidskat vir die bruid te gaan betaal. Saam met hierdie besoek het die bruidegom ook sy belofte teenoor die bruid hardop gesê waarin hy belowe het om haar lief te hê en haar te kom haal sodra alles gereed is.
Daarna het die tyd van voorbereiding vir die bruilof voorgelê. Die bruid het haar gereed gemaak vir die bruilof en die bruidegom het hulle huis, of die plek waar hulle na die bruilof sou woon, gereed gemaak. Sodra dit alles reg was het die bruidegom sy bruid gaan haal. Dieselfde gedagte kry ons in Johannes 14:3 waar Jesus die volgende aan Sy dissipels sê: “En as Ek gegaan het en vir julle plek gereed gemaak het, kom Ek terug en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.” Jesus het belowe dat Hy na Sy Vader se huis gaan om plek te gaan voorberei sodat Sy kerk saam met Hom kan woon.
Ek en jy is vandag die bruid wat wag op die bruidegom we koms. Ons moet elke dag vir ons die vraag afvra: “Hoe gereed is ek om die Bruidegom te ontmoet? “
GEBED
Here, Jesus ek wil gereed wees wanneer U u kerk en u bruid kom haal.
Amen