Goeiedag, vandag is Vrydag 27 September en dié maand fokus ons as gemeente op die skepping en op maniere hoe ons kan omsien na die skepping.
Vandag gaan ons saam Openbaring 21:1 lees: Toe het ek ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het nie meer bestaan nie.
Ons het die week geleer dat ons geskape is om God op aarde te verteenwoordig, hoe dink jy nooi die teks van Openbaring 21:1 jou uit om as God se verteenwoordiger te lewe op ’n wyse wat die nuwe hemel en nuwe aarde van God sigbaar maak?
John van Deventer het die volgende gesê: “Love the earth as you would love yourself”
Ons het die verantwoordelikheid om nie net mense soos onsself lief te hê nie, maar ook elke plantjie en elke diertjie. Die hele skepping moet ons lief hê sodat ons kan lewe soos God se verteenwoordigers.