https://youtu.be/QhiaCcexVTU
1 Korintiërs 15:54-55
54En wanneer hierdie verganklike liggaam met die onverganklike beklee is, en hierdie sterflike liggaam met die onsterflike, dan sal die woord wat geskrywe staan, vervul word: “Die dood is vernietig, die oorwinning is behaal.” 55“Dood, waar is jou oorwinning? Dood, waar is jou angel?”
Terwyl ons stap na die kruis, stap ons as mense wat aan die ander kant van die opstanding leef. Daarom, terwyl ons na die kruis stap, hou ons die opstanding in gedagte. Daarom, wanneer ons in hierdie lydenstyd onsself inleef in ons eie lyding, in die lyding van die wêreld rondom ons en in Jesus se lyding, hou ons die opstanding in gedagte. Aan die kruis is die die dood vernietig, die oorwinning is behaal.
Paulus herinner dat ons steeds in ons lewe dood en seer beleef, maar die angel daarvan is uitgehaal. Hoe verander die kruis en opstanding jou perspektief op jou huidige uitdagings? Hoe help die belofte van die opstanding jou om jou kruis op te tel en vir Jesus te volg? En hoe help dit jou om herstel te bring in die nood van die wêreld rondom jou?
Mag ons, wanneer ons na die kruis kyk en die lyding in onsself en in die wêreld rondom raaksien, nie vergeet van die belofte van herstel wat ons in die opstanding het nie.
Here, terwyl ons na die kruis stap, herinner ons aan die belofte van die opstanding. As ons na die nood in die wêreld rondom ons kyk, herinner ons na die belofte van die opstanding. As ons self lyding beleef en ons eie kruise moet dra, herinner ons aan die belofte van die opstanding. Amen.