Dagstuk | Woensdag 1 Mei 2024

Dagstuk | Donderdag 2 Mei 2024
Dagstuk | Dinsdag 30 April 2024

Vandag is Woensdag 1 Mei en hierdie week is ons baie opgewonde om die bekende Hettie Brittz komende Sondagaand om 19:00 by Stellenberg-gemeente te ontvang met haar boek wat verwerk is met die tema: Kweek kinders met karakter. Dus is ons die week saam op reis opsoek na Bybelse waarhede en wyshede oor karaktervorming binne ons eie lewens.

Efesiërs 4:32 “Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het. Omdat julle kinders van God is en Hy julle liefhet, moet julle sy voorbeeld volg. Lewe in liefde, soos Christus ons ook liefgehad en om ons ontwil sy lewe as ‘n offergawe gegee het, ja, ‘n offer wat vir God aanneemlik was.

Wanneer ons oor Christelike waardes gesels, vra mense dikwels wat van die tien gebooie? Die eerste vier gebooie dien as riglyn oor hoe ons God moet liefhê, en die laaste ses oor hoe ons mekaar moet liefhê. Jesus verwys na ‘n hele paar van die gebooie en beklemtoon die toepassing daarvan. Daarom die uitnodiging vir ons soos Johannes 14:15 ook sê: As julle My liefhet, sal julle my opdragte uitvoer.”

Wysheid: Wees konsekwent en duidelik. Skep ‘n omgewing van duidelikheid en konsekwentheid. Dit help kinders en vriende om grense te verstaan en verantwoordelikheid vir hul optrede te aanvaar.

Gebed: Here, mag ons opreg en eerlik wees in alles wat ons doen. Help ons om te verstaan dat integriteit die fondasie van ‘n sterk karakter is. Mag ons altyd die waarheid spreek en regverdigheid nastreef deur om goedgesind en hartlik teenoor mekaar te wees. Amen.