Psalm 50:14 – Offer dank aan God, en betaal jou geloftes aan die Allerhoogste; en roep My aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp, en jy moet My eer.
Dankbaarheid word ‘n realiteit in ons lewe as ons besef dat alles wat ons het ‘n geskenk van God is. Daar is so baie waarvoor ons vir die Here kan dankie se:
So kan ons aangaan en aangaan en aangaan. Daar is soveel waarvoor ons die Here kan dank. Al gaan ons deur watter slegte omstandighede daar is altyd ‘n rede om God te dank al is dit ook net vir die feit dat jy nog kan asemhaal. Efesiers 5:20 “Dank God die Vader altyd oor alles in die Naam van ons Here Jesus Christus.”
Ps 100:4b-5 lees ons: “dank Hom, prys sy Naam, 5 want die Here is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie, Sy trou duur van geslag tot geslag.” Dink net daaraan dat die Almagtige Heilige God. Die Opperwese, die Gans andere, jou en my God wil wees. Die Een wat alles gemaak het, die Een wat in beheer is van die heelal, Hy wil jou God wees. Vul dit nie jou hart met dankbaarheid nie?
Richard Halverson het eenkeer gese: “There is nothing you can do to make God love you more! There is nothing you can do to make God love you less! His love is unconditional, impartial, everlasting, infinite and perfect.”
Die Here is vir jou en my oneindig lief. Meer as wat ons ooit kan besef. Hierdie liefde is die duidelikste geopenbaar in Jesus se verlossing vir ons aan die kruis. Daarvoor kan ek en jy nie genoeg dankie se nie. Het ek al vandag vir die Here dankie gese vir Sy liefde en hoe Hy dit deur Jesus aan my bewys het. Of aanvaar ons dit maar sommer net as ‘n mooi Bybelse gebeurtenis. Is ek en jy regtig dankbaar vir God se liefde?
Die Here voorsien alle gawes aan ons. Die kos wat ons eet die klere wat ons aantrek. Alles is gawes uit Sy hand. Dank ons Hom genoeg daarvoor? Dit beteken byvoorbeeld dat die kos wat ons vanmiddag gaan eet, nie daar sou gewees het as God dit nie vir ons voorsien het nie. Dat jy dalk nie jou sintuie elke dag kon gebruik nie as die Here jou nie geseën het met gesondheid nie. Is ek en jy dankbaar genoeg vir die son wat skyn, die vars lug in ons longe, ons beskerming elke dag? Is ek en jy werklik dankbare mense? Wat staan alles op jou lys waarvoor jy dankbaar is?
Here, U weet wat alles deur my gedagtes dwaal en dat ek sukkel om op dankbaarheid te fokus. Heilige Gees, kom fluister in my ore en blaas nuwe asem in my gees in.