Tydens skoolkwartale:

09:00 Oggenddiens in die kerk met ’n klassieke aanbiddingstyl en begeleiding word deur die Coram Deo musiekgroep behartig.

09:00 Familiediens in die kleinsaal het ’n informele aanbiddingstyl en is gerig op families met laerskoolkinders en kleuters. Weens die langnaweek en skoolvakansie sal die familiediens weer op 13 April 2025 hervat.

09:00 Meditatiewe diens in die kapel met ’n meer gewyde aanbiddingstyl gerig op gebed, stil word en geleentheid vir oordenking.

OPNAMES: Ons vra om verskoning, maar ons het tegniese probleme ondervind met die opnames van die meditatiewe diens op 9 en 16 Maart 2025. Weens die langnaweek en skoolvakansie hervat die erediens weer op 13 April 2025.

18:00 Aanddiens in die kerk met ’n kontemporêre aanbiddingstyl gerig op jongmense en almal jonk van gees. Weens die langnaweek en skoolvakansie sal die erediens weer op 13 April 2025 hervat.

Tydens langnaweke en skoolvakansies:

9:00 Gesamentlike diens in die kerkgebou

Kategese:

  • Junior kategese word na die oggenddienste tot 10:45 aangebied.
  • Senior kategese ontmoet na die aanddiens.

Vir ’n argief van ons eredienste, besoek gerus hierdie skakel.