Bybelskool nuut

Skattemark | 31 Mei 10:00 tot 15:00
Kinderpinkster | 1 tot 5 Junie 2025

Bybelskoolreeks | Die Bybel vandag

Hoe gereeld lees ons die Bybel?  Hoe is die Here vandag besig om ons deur die Bybel van sy teenwoordigheid bewus te maak en ons tot nuwe insigte te lei? Hoe onderskei ons tussen verskillende waarhede?

Indien jy saam oor bogenoemde vrae wil nadink, kyk gerus na die aanlyn sessies wat deur di. Marius Breytenbach en Schalk van Wyk oor hierdie kwessies aangebied word.  Die sessies is 15 tot 20 minute lank en handel oor die ontstaan, asook ons begrip en vertolking van die Bybel.  Ons skop af met die storie van die Ou en Nuwe Testament se ontstaan en gee in elke sessie aandag aan die verskeidenheid literatuurtipes in die Bybel en hoe die Here in die hede daardeur met ons praat.  Jy kan op jou eie na die sessies, of dit saam met ’n Bybelstudie- of omgeegroep volg.  Die reeks sal weekliks met ’n nuwe sessie aangevul word.

KLIK HIER om na die sessies te luister.