
Geniet ’n ete in ’n privaat en romantiese ruimte saam met jou maat en gebruik die geleentheid om saam oor julle verhou-ding te gesels. Gesprekvoering vind slegs tussen huweliks- of lewensmaats plaas en is dus vertroulik en intiem. Daar is geen groepbesprekings nie. Rudolph van Schoor, lewensafrigter is die aanbieder, maar sal gesprekvoering slegs inlei.
Skakel vanaf 29 April tot 9 Junie, een keer per week op Dinsdagaande (behalwe tydens die week van Pinkster) vanaf 18:00 tot 20:00 by die huweliksverrykingskursus in die binneplein in.
Daar is ’n oppasdiens vir voorskoolse en laerskoolkinders beskikbaar. Bring asseblief net vir kinders ’n kosblikkie saam.
R200 per paar per aand – dit is slegs om die koste van die ete te dek en jy betaal net vir die aande wat jy bywoon.
Klik HIER om aanlyn in te skryf.
Ds Marius Schoombie 083 635 1523
Schoombie@stellenberg.co.za