Date Night Huwelikskursus | 17 Jul tot 28 Aug 2024

Die wyn, die vrou, die lied | 26 Julie 2024
Maria Eatery | Nuwe spyskaart

Date Night Huwelikskursus: 7 Sessies om jou verhouding te versterk

Date night is ‘n geleentheid waar ons intensioneel ruimte skep en tyd investeer in ons verhoudings. Ons skep vir julle as couple ‘n romantiese, privaat geleentheid saam met ‘n ete om te gesels oor julle verhouding, met materiaal van die Alpha Huwelikskursus wat die gesprek fasiliteer.

Skryf hier in: INSKRYWINGSVORM

Daar is 7 geleenthede, elke Woensdag 18:00-20:00 vanaf 17 Julie tot 28 Augustus. Elke week word ‘n ander tema op die tafel gesit.

Die inhoud van die kursus is verniet, ons vra slegs ‘n inskrywingsfooi om die kostes van die etes te dek (jy moet in elk geval eet, so dit kos jou feitlik niks). Kostes is R90pp/geleentheid (R180per couple). Die kostes kan vooraf betaal word, of per geleentheid. Ons moedig julle aan om al die sessies by te woon, maar indien jy nie ‘n sessie kan bywoon nie en vroegtydig laat weet, betaal jy net vir die sessies wat jy bywoon.

Daar is ook ‘n oppasdiens vir voorskool en laerskool kinders, vir ouers wat graag hulle kinders wil saambring. Jy is welkom om vir jou kinders ‘n kosblik te pak, of voor die tyd iets te laat eet. Ervaring uit die verlede het ons geleer dat die kinders die kos verkies wat hul ouers vir hul gee, eerder as wat ons kan voorsien. Daar sal klein peuselhappies vir die kinders wees.

Kom vind mekaar weer. Kom kuier saam. Kom skep nuwe, gesonde ritmes in jou verhouding.

Vir enige navrae kontak:
Ds Marius Schoombie
0836351523
[email protected]