


Neem asseblief kennis dat die feesmark vanjaar net bankkaarte sal aanvaar en geen kontant nie. Alle bankkaarte en ook Kaapse Verbruikerskaarte word aanvaar.
Die drastiese vermindering van Absa- takkantore waar kontant aanvaar word asook die toenemende veiligheidsrisiko van groot bedrae kontant op ’n perseel, het die feesmarkkomitee genoodsaak om dié besluit te neem. Ons vertrou dat ons lojale kliënte begrip hiervoor sal hê.