


Hierdie lente begin ons met ’n opwindende nuwe gemeente-aktiwiteit: die DankieDraf!
Elke Woensdagoggend om 06:00 kom ons bymekaar vir ’n lekker 5 km-draf of -stap deur Eversdal en die omliggende woonbuurte. Die roete begin en eindig by die kerk.
Die DankieDraf is ’n geleentheid om:
👟 nuwe stap- en drafmaats te leer ken
💪 aan jou fiksheid te werk
🙏 en om saam uitdrukking te gee aan die dankbaarheid wat die Here in ons harte wakker maak.
Ons skop af op Woensdag 2 September om 06:00.
Kom draf. Kom stap. Kom kuier. Kom sê dankie.
Ons sien uit daarna om Woensdag 2 September saam met jou weg te spring!