Funksie vir nuwe lidmate

Manne Retraite | 16 – 18 Oktober 2026
Bybelskool Tweede kwartaal

25 Maart om 18:00 in die binneplein

Alle lidmate wat vanaf Maart 2025 tot op hede nuut by Stellenberg-gemeente aangesluit het, word hartlik uitgenooi na ’n byeenkoms wat spesiaal vir al ons nuwe lidmate gereël word.

Dit is ’n gesellige saamkuier-geleentheid waar jy ander nuwe lidmate asook ons leraars beter kan leer ken.  Ligte verversings sal bedien word en kinders is ook baie welkom.

Stuur asb. teen 18 Maart ’n e-pos aan anneke@stellenberg.co.za,  of ’n  WhatsApp na 081 045 2428 om aan te dui of jy teenwoordig sal wees.