Manne Retraite | 16 – 18 Oktober 2026
Winterhulpprojek
Wanneer is die uitreike?
- Calitzdorp: 27 Junie tot 2 Julie
- Leeu-Gamka: 4 Julie tot 9 Julie
Nog maniere om die uitreike te ondersteun:
– Doen asseblief voorbidding vir die uitreike.
– Dra asseblief die volgende by:
- Koekies en beskuit vir die uitreikspanne.
- 4-in-1-sopmengselpakkies, hawermout.
- Sagtespeelgoed of teddiebere vir kinders.
- Verfkwaste, of rollers en blikke verf.
- Sepies en waslappe of enige ander sanitêre ware, vir ouetehuise.
- Skeermesse, skeerroom en haarsjampoe.
- Sokker-, netbal-, of rugbyballe en ander sporttoerusting.
- Warm klere, komberse en skoene (veral skoolskoene).
- Maak ’n finansiële bydrae tot die onkoste verbonde aan die uitreike. Rekeningbesonderhede: Absa 9287 59 2857, takkode 632005. Gebruik UITREIKE as verwysing.
Bydraes kan by die kerkkantoor afgegee word.