Kontakbesonderhede

Kerkkantoor

021 976 4519

Kantoorure: Weeksdae 08:00 tot 14:00.

WhatsApp-navrae: 081 045 2428

[email protected]

Jeugkantoor

021 975 1044

[email protected]

Feesmarkkantoor

082 827 9389

[email protected]

[email protected]

Stellenberg Terapiesentrum

021 976 4519 /082 854 4530

[email protected]

Straatadres vir alle kantore:

h/v Mountain View Rylaan en Edelweiss Weg, Eversdal, Bellville.

Algemene navrae

Ons is saam met jou opgewonde oor jou kind se doop. Stellenberg-gemeente se doopgeleenthede is altyd op die eerste Sondag van die maand.

Voornemende doopouers skakel voor die doop by ’n doopkursus in wat op ’n Maandagaand vanaf 06:30 tot 07:30 in die kapel aangebied word.

Om vir ’n doopgeleentheid te registreer, voltooi asseblief die onderstaande vorm aanlyn.

Rig asseblief enige navrae aan Anneke Serfontein by [email protected] / 021 976 4519 en stuur ook ’n foto van die baba aan Anneke by [email protected].

Die gemeente se werksaamhede is afhanklik van finansiële bydraes. Jy kan jou bydrae op enige van die drie onderstaande metodes maak.

Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het, nie met teensin of uit dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief. 2 Kor. 9:7

Elektroniese oorbetaling

ABSA-tjekrekening | 145 058 0011

Takkode | 632005

SnapScan-toepassing

Debietorder

Laai die debietordervorm hier af, voltooi en epos na [email protected]

Die koffiewinkel op die kerk se terrein funksioneer onafhanklik van die gemeente en word deur Willi en Ronel Botha bestuur. Besoek hulle weeksdae vanaf 07:00 tot 17:00 en Saterdae vanaf 08:00 tot 13:00. Kontaknommer: 021 110 0279.

Laai gerus hulle nuwe spyskaart HIER af.

Plaas gerus ’n advertensie in die Stellenberg-weekliks.  Die nuusblad word tans weekliks elektronies aan 2 500 persone gestuur en is ook op die gemeente se webwerf beskikbaar.  Advertensies sal slegs aanlyn beskikbaar wees en word nie in gedrukte formaat uitgegee nie.

Advertensiekoste:

Opsie 1: R50 vir vier plasings.  Die advertensie moet net uit woorde (ongeveer vier reëls) en syfers bestaan.  Geen foto of logo word geplaas nie.

Opsie 2: R100 vir vier plasings.  Die advertensie bevat woorde en syfers plus een foto of logo.

Hoe plaas ek ’n advertensie:

  • Stuur die bewoording na [email protected].
  • Stuur ’n foto indien van toepassing in jpeg-formaat.
  • Doen die betaling met EFT na ABSA-tjekrekening 145 058 0011,  takkode 632005. Gebruik Aanlyn Add as verwysing.
  • Stuur ’n bewys van die betaling aan [email protected].

Rig enige navrae aan [email protected].

Stellenberg-gemeente het verskeie sale en lokale wat op weeksdae en Saterdae te huur is. Vir meer inligting rakende die beskikbaarheid van lokale asook die tarriewe stuur asb. ’n e-pos aan [email protected] of skakel 021 976 45119.

Indien u belangstel om ’n nissie te koop stuur asb. ’n e-pos aan [email protected] of skakel die kerkkantoor by skakel 021 976 4519.

Kontak asseblief u wykspredikant of die kerkkantoor om ons so spoedig moontlik van ’n sterfgeval in te lig. Stuur asb. ’n e-pos aan [email protected] of skakel die kerkkantoor by 021 976 4519.

Stellenberg Terapiesentrum bied ’n verskeidenheid ondersteuningsdienste o.a. berading, leefstylafrigting, arbeids-, spraak- en fisioterapeutiese dienste aan.

Kontak gerus die sentrum indien jy ’n afpraak wil maak by 021 976 4519 /082 854 4530/ [email protected].

Stellenberg feesmark is die gemeente se grootste fondsinsamelingsprojek. Besoek ons feesmarkblad deur HIER te klik vir enige navrae aangaande die feesmark.

Die bespreking van die kerk of enige ander lokale vir ’n huweliksbevestiging, of onthaal kan by die kerkkantoor ([email protected]/021 976 4519) gedoen word.

Indien jy sou verkies dat een van die gemeenteleraars jou huweliksbevestiging behartig, kontak asseblief die betrokke leraar so spoedig moontlik.

Daar is ‘n fooi vir die leraar betaalbaar.