Ontmoet Chanelle Maree, musiekleier van die familiediens

Braam Hanekom groet ’n kleurryke en geseënde loopbaan
Ons praat met Jesus oor sy lyding | Ek is dors

 

Ons is opgewonde om die familiediens se nuwe musiekleier aan lidmate voor te stel.  Chanelle Maree gaan vanaf die Sondag 13 April die musiekbediening in die familiediens se leisels vashou.

Chanelle is ’n boorling van Bellville en het aan Hoërskool Bellville gematrikuleer.  Sy vertel dat sy reeds as tiener by verskeie gemeentes se musiekbedienings betrokke was. Bo en behalwe haar betrokkenheid by gemeentes se musiekbediening, is sy ook ’n vrou vir Louis, met wie sy al 12 jaar getroud is en ma vir die agjarige Annabelle en die tweejarige Ben.  Sy werk ook voltyds as kantooradministrateur by ’n besige ingenieursfirma.

Chanelle sê musiekbediening bied aan haar die geleentheid om haar liefde vir musiek, mense en God uit te leef.  Sy speel klavier en sing graag en vertel dat sy van ’n groot verskeidenheid musiek hou, behalwe R&B, Country en sokkietreffers.

Die Marees geniet buitelugaktiwiteite soos kamp, spandeer hul vryetyd graag saam met vriende en is altyd gretig om nutsprojekte in en om die huis aan te pak.

Chanelle en haar gesin was voorheen by die AGS-Kerk in Bellville ingeskakel, maar het vanaf dié kwartaal by Stellenberg-gemeente ingeskakel.  Baie welkom Louis, Chanelle, Annabelle en Ben.  Ons vertrou dat julle vinnig tuis sal voel in Stellenberg-gemeente.