
Deur: ds. René Herselman
Die flukse breiers van ons gemeente se breigroep het dit weer gedoen. Hulle het deur die jaar hard gewerk om soveel moontlik serpe en musse vir die kinders van die Karoo te brei. Deur hierdie liefdesdaad demonstreer hulle op ’n besondere wyse die ware gees van Christelike liefde en diensbaarheid.
Die breiers het baie meer gedoen as om bloot kledingstukke te vervaardig. Elke steek is met sorg, gebed en die begeerte om God se liefde met ander te deel, gebrei. Met elke serp en mus word vriendelikheid, vrygewigheid en omgee uitgedra, terwyl ons breigroeplede oor grense heen na ander uitreik.
Ons is ook opreg dankbaar teenoor almal wat wol geskenk het en dit sodoende vir die breiers moontlik gemaak het om met hierdie liefdestaak voort te gaan.
Mag God die hande seën wat hierdie serpe en musse gebrei het, asook die kinders wat dit sal ontvang. Ons bid dat hierdie geskenke warmte, vertroosting en vreugde gedurende die winterseisoen sal bring.
“Laat alles wat julle doen, in liefde geskied.” – 1 Korintiërs 16:14