Ondersteun die uitreike so:

Warm geskenke van liefde vir Karookinders
’n Leeftyd se soet en sout saam met Stellenberg-gemeente

Ondersteun die uitreike, oor grense heen!

Om uit te reik is nie net vir almal wat kan saam gaan nie! Daar is verkseie maniere hoe jy die uitreike kan ondersteun en ‘n verskil kan maak in mense se lewens oor grense heen! Dit word gedoen deur insamelings, skenkings, gebed en nog vele meer! Klik op die opskrifte hieronder om te sien hoe jy die uitreike kan ondersteun

Little seeds - Mostersaad sakke

Wat is dit?

‘n Sak wat ouers of ander volwassenes wat na jong kinders kyk, help met vroeë kinderontwikkeling. Dit is vol oulike, maklik- vervangbare hulpmiddels wat enige iemand kan bekom en gebruik. Ons wil graag 10 volledige sakke aan die gemeenskap voorsien

Wat kan jy bring?

  • Bottelproppies/doppies – verskillende kleure en groottes
  • Ou sokkies (skoon en sonder groot gate)
  • Plastieksakkies (inkopies)
  • Wasgoedpennetjies – Verskillende kleure is ideaal. Nie te styf nie.
  • Skoenveters – verskillende kleure en lengtes
  • Kartonbokse – papbokse / Spar / winkel almanakke ens
  • Ui / Lemoensakkies
  • Wol (pompoms/balletjies maak)
  • Speelklei bestanddele: Meel, sout, olie, kleursel – Hierdie is lekker om saam met hulle te maak. So leer hulle ook hoe om dit weer te maak.
Badkamer sakkies projek

Wat is dit?

Ons ondersteun ‘n projek in Leeu-Gamka wat 100 badkamer sakkies insamel vir kinders van Leeu-Gamka wat in koshuise is. Ons ondersteun ook inwoners van die ouetehuis in Calitzdorp met geskenkpakkies van toiletware.

Wat kan jy bring?

  • Badseep
  • Waslap
  • Tandeborsel
  • Tandepasta
  • Onderarmrol
  • Onderarm spuitgoed
  • Pakkie sanitêre doekies (vir meisies)
Algemene Skenkings

Wat is dit?

Hieronder word ‘n paar items gelys, maar enige algemene skenkings is welkom! As jy aan ‘n manier kan dink om die uitreike te ondersteun, is enige bydrae meer as welkom.

Wat kan jy bring?

  • Koekies en beskuit vir die uitreikspanne.
  • 4-in-1-sopmengselpakkies, hawermout.
  • Sagtespeelgoed of teddiebere vir kinders.
  • Skryfbehoeftes en inkleurkryte
  • Sepies en waslappe of enige ander sanitêre ware, vir besoeke aan ouetehuise.
  • Haarknippers, Skeermesse, skeerroom en haarsjampoe.
  • Sokker-, netbal-, of rugbyballe en ander sporttoerusting.
  • Warm klere, komberse en skoene (veral skoolskoene).
Ondersteun finansieël

Borg ‘n uitreiker of maak ‘n algemene skenking

Bankbesonderhede:

Absa 9287 59 2857, takkode 632005. Gebruik UITREIKE as verwysing.

Gaan saam

Vir inligting en inskrywings klik HIER