Dag 6 is van Padrouzo tot Santiago met ’n afstand van 17 km. Die opgewondenheid wat daardie dag in jou hart heer, is onbeskryflik. Die eindpunt is naby! Jy is in die pylvak. Dan daardie onbeskryflike grootste oomblik as jy om die draai kom en hierdie verskriklike mooi kattedraal voor jou sien. Dit voel soos ‘n wonderwerk dat jy is 115 km suksesvol voltooi het.
Die geskiedenis vertel dat in 813 is die graf van Jakobus ontdek wat in die jaar 44 ‘n marteldood gesterf het. Sy beendere is toe na Spanje geneem want hy het die Evangelie daar verkondig. Die katedraal is toe later op sy graf gebou. Dis waarom dit vir soveel mense belangrik is om die plek te besoek. The Camino teaches you that the goal helps you to move. However it is on the path where the majic happens.
Ek glo ons gaan ook hierdie absolute verwondering eendag beleef as ons in die hemel kom. Ek glo ook dit sal ‘n baie beter belewenis wees. Leef en smag met opgewondenheid en verwagting om eendag die nuwe aarde en nuwe hemel te sien?
TEKS: Openbaring 21:1-2: 1Toe het ek ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het nie meer bestaan nie. 2En ek het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, van God af uit die hemel uit sien afkom. Die stad was gereed soos ‘n bruid wat vir haar man versier is.
GEBED:
Here, ek sien met verwagting uit om die nuwe stad te sien waar U ons gaan ontmoet.
Amen