Dagstuk | Maandag 23 Junie 2024

Dagstuk | Saterdag 21 Junie 2025
Dagstuk | Dinsdag 24 Junie 2025

Ons is in die helfte van die jaar. Kan jy dit glo? Ek glo jy sal saam met my stem dat die Here ons tot sover deur die jaar gedra het. Dalk was hierdie ses maande vir sommige ‘n maklike reis en dalk vir ander ‘n moeilike reis. Maar iets wat ons almal sekerlik kan doen is om ‘n aspek op te noem waaroor ons dankbaar is. Kan jy aan iets dink waaroor jy dankbaar is wanneer jy oor die afgelope ses maande nadink. Daarom wil ek in die volgende paar dae met jou gesels oor dankbaarheid.

 

1 Tessalonisende 5:18  Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag

WAAROM MOET EK DANKBAAR WEES?

Om dankbaar te wees, is God se wil

Een van die opdragte wat ons hier hoor is: Wees in alles dankbaar . . . En dit staan hier as ’n opdrag: ons móét dankbaar wees. Dankbaarheid is nie iets wat jy kan bewys as jy lus is en maar kan los as jy nie meer lus is om dankbaar te wees nie. Dankbaarheid is ‘n keuse; ‘n ingestelheid teenoor die lewe, maar dit is ook wat God van ons verwag. Ons lees in 1 Tessalonisense 5:18 “Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.”  Hierdie opdrag gee die Here oor ‘n baie spesifieke rede. Buiten dat dit Hom eer en verheerlik, het danksegging ook ‘n positiewe invloed op ons lewens. Hoe meer jy die Here begin dank vir wat Hy gee en doen en wie Hy is.

Dankbaarheid eer God

Ons moet leer om God te dank, nie net vir wat Hy doen nie, maar ook vir wie Hy is. Die Woord van God leer ons dat jy God eer deur Hom te dank! Ons moet hom God dank vir sy wysheid, liefde en genade.  Ons dank Hom vir die wete dat Hy die Almagtige God is wat in beheer van alles is.

Dankbaarheid lei tot dieper verhoudings

Dankbaarheid bou dieper verhoudings tussen jou en God en tussen jou en ander mense. As jy jou verhouding met iemand wil verbeter, doen moeite om daardie persoon te bedank. Dink net die vreugde wat jy ervaar as iemand jou bedank. Maar ook groei ons verhouding met God as ons alles sien as gawes uit sy hand en as ons met dankbaarheid teenoor Hom leef.

Dankbaarheid versterk ons geloof

Buiten dat ons dank aan God Hom eer en verheerlik het danksegging ook ‘n positiewe invloed op ons lewens. Hoe meer jy die Here begin dank vir wat Hy gee en doen en wie Hy is, hoe meer gaan jou oë oop vir die ontelbare seëninge en die wysheid waarmee die Here dinge in jou lewe laat gebeur. M.a.w ons geloof in Hom groei. Al gaan dit dan ook moeilik in ons lewens is daar altyd iets om voor dankbaar te wees.

 

GEBED

Dankie Heer U het my deur die dag gedra. Amen