Dagstuk | Donderdag 3 Julie 2025

Dagstuk | Woensdag 2 Julie 2025
Dagstuk | Vrydag 4 Julie 2025

 

Tema: Liefde maak vergifnis moontlik

Teks: Kolossense 3:13-14. Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe moet julle ook mekaar vergewe.

Wanneer ons met mense rondom ons omgaan en saamwerk het ons baie spesifieke uitkomste in gedagte. Daar is twee maniere waarop hierdie kontak kan uitspeel. Die een is om baas te speel en die ander party goed te laat verstaan dat die persoon aan jou eie verwagtinge moet voldoen. Jy mag daardeur jou doel behaal, maar dit kom altyd teen die prys van ongelukkigheid en rusie. Die ander opsie is om met iemand saam te werk en daarin ruimte te maak vir verskille en foute. Die eerste opsie klink makliker en mense dink dat dit meer doeltreffend is om iets gedoen te kry. Die tweede opsie klink moeiliker, maar is op die einde meer belowend en is op die die langer termyn van veel groter waarde omdat dit ons by liefde uitbring wat vergifnis moontlik maak.

In die hoofstuk net na ons teksgedeelte sê Paulus: Tree met wysheid op teenoor die mense buite die gemeente en maak die beste gebruik van elke geleentheid. Wat julle sê, moet altyd vriendelik wees en van goeie smaak getuig; en julle moet weet hoe julle elkeen behoort te antwoord. Hoe praat die Here moet jou waar jy jouself in druk situasies tussen ander mense bevind. Ons sien dikwels mense met wie ons moet saamwerk as ‘n struikelblok. Vandag se teks help ons om ons uitdagings in nuwe groei geleenthede te omskep.

Gebed

Hemelse Vader, dankie dat U ons leer wat dit beteken om lief te hê soos U ons liefhet. U is geduldig met ons, stadig om toornig te word en groot in barmhartigheid.

Leer ons, Here, om ook so met mekaar om te gaan. Wanneer woorde seermaak en dade pyn bring, help ons om nie terug te slaan nie, maar om stil te wees en te wag op u vrede. Gee ons ’n hart wat stadig is om aanstoot te neem, en vinnig is om te vergewe. Here, vul ons met u Gees sodat ons nie volgens ons eie begeertes leef nie, maar volgens u liefde wat alles bedek, alles glo, alles hoop en alles verdra.

Help ons om mekaar te dra in liefde, en om vergifnis te gee, selfs wanneer dit moeilik is.Want U het ons eerste vergewe – onvoorwaardelik en volkome. In Jesus se Naam bid ons dit.
Amen