Dagstuk | Vrydag 6 Februarie 2026

Dagstuk | Donderdag 5 Februarie 2025
Dagstuk | Saterdag 7 Februarie 2026

https://www.youtube.com/watch?v=Nq22b5aL-jw

Die teoloog Jan Richardson herinner ons dat vreugde ’n manier het om ons te ontmoet in die mees komplekse tye en oomblikke van ons lewe. Vreugde, vertel sy, is die genade wat ons van God ontvang – die krag wat ons laat staan te midde van verlies, pyn en chaos, en wat ons help om te weier dat hierdie dinge die finale sê het.

Vreugde vra van ons om te vertrou dat daar méér aan die gang is as wat ons kan sien of verstaan. Dit nooi ons uit om deel te neem aan die lewe, eerder as om net toeskouers te wees. Vreugde is die ontdekking dat alles in die lewe ’n geskenk is.

Mag jy vandag kies om vreugdevol te wees.

Hier is ’n seënbed van vreugde deur Jan Richardson:

HOW JOY WORKS

A Blessing

You could not stop it if you tried— how this blessing begins to sing every time it sees your face, how it turns itself in wonder merely at the mention of your name. It is simply how joy works, going out to you when you least expect, running up to meet you when you had not thought to ask. —Jan Richardson