DankieDraf | Elke Woensdag

Kontreikuier | 28 Augustus
Feesmark skaf kontant af

Hierdie lente begin ons met ’n opwindende nuwe gemeente-aktiwiteit: die DankieDraf!

Elke Woensdagoggend om 06:00 kom ons bymekaar vir ’n lekker 5 km-draf of -stap deur Eversdal en die omliggende woonbuurte. Die roete begin en eindig by die kerk.

Die DankieDraf is ’n geleentheid om:

👟 nuwe stap- en drafmaats te leer ken

💪 aan jou fiksheid te werk

🙏 en om saam uitdrukking te gee aan die dankbaarheid wat die Here in ons harte wakker maak.

Ons skop af op Woensdag 2 September om 06:00.

  • Trek asseblief helder kleure aan sodat ons beter sigbaar is.
  • Geen bespreking is nodig nie – daag net op en stap, of draf saam!
  • Sluit ook aan by ons DankieDraf-WhatsApp-groep om op hoogte te bly van roete-inligting en ander aanpassings.
  • Roetekaart – kliek hier om die roete te sien.

Kom draf. Kom stap. Kom kuier. Kom sê dankie.

Ons sien uit daarna om Woensdag 2 September saam met jou weg te spring!