


Dankbaarheid is nie ’n spesiale gebaar vir uitsonderlike oomblikke nie; dit is ’n daaglikse ritme wat ons hele lewe vorm.
Met harte vol dankbaarheid kan ons bekend maak dat die Tiende-offerinsameling reeds R786 467 beloop! Baie dankie aan elke lidmaat wat reeds uit dankbaarheid bygedra het.
Ons mikpunt is R1 540 000. Indien ons hierdie doelwit bereik, sal dit ons in staat stel om die begroting vir 2026-’27 te laat klop sodat die werk van ons gemeente se verskillende bedienings volhoubaar voortgesit kan word. Die Tiende-offerinsameling word uitsluitlik binne ons gemeente aangewend, en ondersteun die bedienings en dienswerk waardeur ons as gemeente oor grense heen, ‘n verskil maak.
Ons wil graag die insameling teen die einde van November afhandel. Daar is nog ‘n tekort van R754 000, maar elke bydrae bring ons nader aan ons doelwit. Jou bydrae hoef nie groot te wees om ‘n verskil te maak nie, want enige bydrae wat uit dankbaarheid gegee word, ongeag die grootte van die bedrag, bring ons nader aan ons mikpunt.
Ons versoek elke lidmaat om biddend oor hul bydrae na te dink. Kom ons gee saam, elkeen volgens sy of haar vermoëns – uit dankbaarheid vir God se trou en sy daaglikse voorsiening.
Saam en met dankbare harte, kan ons die werk van die Here in ons gemeente aanpak.
– EFT: Bydraes kan elektronies oorbetaal word na ABSA-tjekrekening 145 058 0011, takkode 632005. Gebruik Tiende-offer (TO) as verwysing.
– Maak ’n bydrae deur Payfast – gebruk TO as verwysing. Klik hier
– Gebruik gerus die SnapScan QR-kode (onder) om ’n bydrae te maak, of klik HIER om ’n betaling deur SnapScan te maak. Kies Tiende-offer (TO) as verwysing.

– Plaas kontant in ’n koevert en plaas in die kollektebord, of handig dit by die kerkkantoor in.