Dagstuk | Vrydag 5 Julie 2024

Dagstuk | Donderdag 4 Julie 2024
Dagstuk | Saterdag 6 Julie 2024

https://youtu.be/Zf6kZwTn2M8

Goeiedag, vandag is Vrydag 5 Julie en in hierdie week gesels ons oor die feit dat ek en jy beide geroep is om as God se kinders te lewe.

Ons het hierdie week baie gefokus op die feit dat ons moet lewe as God se verteenwoordigers en dat ons ons talente en gawes moet gebruik om saam met God Sy Koninkryk op aarde te bou.  Soms wonder ‘n mens, hoe kan ek my gawes en talente gebruik om God se Koninkryk saam met Hom te bou en 1 Korintiërs 12:14-20 help ons hiermee.

Kom ons lees 1 Korintiërs 12:14 tot 20 saam: 14Die liggaam bestaan ook nie net uit een lid nie, maar uit baie. 15As die voet sou sê: “Omdat ek nie ‘n hand is nie, is ek nie deel van die liggaam nie,” hou hy om dié rede tog nie op om deel van die liggaam te wees nie. 16En as die oor sou sê: “Omdat ek nie ‘n oog is nie, is ek nie deel van die liggaam nie,” hou hy om dié rede eweneens nie op om deel van die liggaam te wees nie. 17As die hele liggaam oog was, hoe sou hy kon hoor? En as die hele liggaam oor was, hoe sou hy kon ruik? 18Maar nou het God die lede, elkeen van hulle afsonderlik, in die liggaam gevoeg soos Hy dit wou hê. 19As almal saam net een lid was, hoe sou daar ‘n liggaam kon wees? 20Nou is daar wel baie lede maar net een liggaam.

Die teks beklemtoon dat dit nie saak maak  hoe ’n klein verskil jy dink jy maak nie, jy het ’n doel op die aarde. Jy is ’n belangrike deel van die liggaam van Christus. God het jou net daar waar jy is geroep om sy liefde, genade en omgee aan die wêreld uit te straal. Hy het nooit opdrag gegee dat dit groot take moet wees wat ’n mens verrig soos om armoede in Suid-Afrika op te los nie, maar dat ’n mens net daar waar jy is jou gawes en talente moet gebruik om byvoorbeeld vir iemand kos te maak, of ’n vaardigheid te leer. Dat ons stukkie vir stukkie saam met God aan sy koninkryk op aarde bou waar daar harmonie en eenheid sal wees. Al voel dit vir ’n mens jy kan niks doen nie beteken jou glimlag soms vir iemand anders die wêreld.