Dagstuk | Dinsdag 2 Januarie 2024

Dagstuk | Woensdag 3 Januarie 2024
Dagstuk | Maandag 1 Januarie 2024

Die bekende historikus Felipe Fernandez Armesto se bekende motto in die lewe was dat als in die lewe afhang van hoe ons daarna kyk. Met ‘n ander oog, uit ‘n ander hoek, lyk dinge heel anders. In een van sy geskiedenis boeke vertel hy hoe hy die geskiedenis lees- alles binne perspektief. Wat tans verskriklik belangrik lyk, gaan dalk in onbenullige vergetelheid verdwyn, en wat vir ons ongemerk verbygaan, gaan dalk in ‘n ander, grootser perspektief waarlik saak maak en blywende waarde he.

Ek dink in Armesto se kyk na die lewe ,sit ‘n diep Bybelse oortuiging. Dat dinge met tyd en afstand baie anders lyk as wat ons elke dag mag dink en voel. Die hart van die Christelike geloof het te make met hierdie vermoee om vanuit ‘n ander oogpunt te leer kyk. Miskien hier aan die begin van nog ‘n jaar, is dit ‘n goeie tyd om dinge ‘n slag uit so ‘n anderse perspektief te bekyk. Met groter afstand, teen ‘n breer doek, ‘n hemelse perspektief- die dinge wat ons so begeer en die dinge wat ons so vrees. Hoe hulle lyk, hang af van hoe ons kyk.

Ek lees graag ‘n gebed van die Corrymeela gemeenskap

God van die nuwe jaar

God van ons aaneenlopende stories:

ons bid vir hulle wat intree in hierdie jaar met angstigheid

met moegheid

met hartseer.

Ons bid vir onsself

en ons bid that hierdie ‘n jaar sal wees van restourasie

van lewens gevul met nuwe hoop,

Sodat in plaas daarvan dat ons bid vir iets om te eindig

ons opnuut sal ontdek die vreugde van ‘n nuwe begin

Amen