Advertensieruimte by feesmark 2026

Manne Retraite | 16 – 18 Oktober 2026
Fokusprogram 2026

Adverteer jou besigheid by die feesmark op een van die advertensieborde wat op die omringende heining geplaas word. Veral plaaslike besighede kan van die geleentheid gebruik maak om meer sigbaar in hul onmiddellike omgewing te raak. Plek is ongelukkig beperk, doen dus so gou moontlik aansoek.

Advertensieborde beloop R500 elk (dit is ‘n eenmalige koste) en kan teen R2 000 vir een bord, of R3 500 vir twee borde vir die duur van die feesmark uitgestal word.

Kontak Sheree-Lee Gildenhuys by feesmarkadmin@stellenberg.co.za om die nodige reëlings te tref.