Damesoggend ten bate van Ruyterwacht Senior sentrum
Annibrand Senior Hike -Kaap van goeie hoop
Ons stap die Kaap van goeie hoop 2 dag staproete in Kaappunt nasionale park
Ons nooi tieners, studente, jong volwassenes en ouers op ‘n pelgrimstog waar ons onsself vir ‘n paar dae in die natuur afsonder om nader aan God en nader aan mekaar te beweeg!
Hierdie roete is ‘n “medium” op die fiksheids skaal, ons stap rustig, altyd almal saam en ondersteun mekaar deurlopend. Dit mag jou dalk uitdaag, so wees voorbereid daarvoor!
Inskrywings sluit Vrydag 17 September. Beperkte plek beskikbaar, so skryf vinnig in!
Donderdag 24 September – Vrydag 25 September 2026
Kostes: R820
Jou inskrywingsfooi sluit vervoerkostes, aandete, oornag fooi bewaringsfooi in. Ander etes (ontbyt en middagete) moet self voorsien word.
Ons vertrek almal saam in Stellenberg se bussie en voertuie vanaf die kerk Donderdag 24 September vroeg en sal laat middag/vroegaand op Vrydag 25 September terug wees.
Vir meer inligting skakel vir Ds Marius Schoombie – 083 635 1523
Paklys
- Rugsak (ten minste 30-60l) – Ons het ekstra om uit te leen
- Slaapsak
- Warm klere
- Slaapklere
- Swemklere
- 2x Middagete *
- Padkos/snacks
- Waterbottels (ten minste 2x 1l bottels)
- Reenjas/ Poncho
- Ekstra sokkies
- Gemaklike tekkies/stapskoene
- Plakkies vir saans
- Hoed
- Handdoek
- Persoonlike medikasie **
- Sonbrandroom
- Spat-seiltjie vir jou rugsak (of swartsak)
- Koplampie/flits
- Ekstra stel “vars” klere
* Pak asb middagete wat nie gaar gemaak hoef te word nie, bv toebroodjies, ryskoekies, tuna, cracker bread, vrugte ens.
** Daar is ‘n basiese First-Aid kit wat saam gaan.