Kontreikuier | 28 Augustus

Dagkamp | Graad 1 tot 3
DankieDraf | Elke Woensdag

Vrydag 28 Augustus 16:00 tot laat

Eetgoed te koop:

Basaarpoeding | Braaiborde | Jaffels met kerriemaalvleis en hoender-en-mayonnaise | Kerrie-afvalpot | Melkkos | Pannekoeke | Roosterkoeke met kerriemaalvleis of kaas en konfyt | Worsbroodjies

Skaapkop-ete:

Daar is slegs 20 kaartjies beskikbaar @ R150, so spring gou om jou ete te bestel.  Bespreek by die kerkkantoorontvangs of stuur ’n WhatsApp na 081 045 2428.

Lekker aktiwiteite vir die kinders:

Bring die kinders na die mobiele planetarium.  Die 15 minute vertoning kos R10 en sal vanaf 16:00 tot 20:00 aangebied word. Kom voel hoe voel regte skaapwol en neem deel aan die bokdrolspoeg-kompetisies.

Vars produkte:

Varsgebakte brode | beskuit en koekies | lekkergoed | Karoolamsvleis en ander vleisprodukte.

Helpers:

Enigiemand wat hulp by kosverkope en betaalpunte kan aanbied, stuur asseblief ’n e-pos na christineferreira68@gmail.com of ’n WhatsApp na  083 440 2086.

Helpers wat bereid is om poedings te maak, kontak asb. vir Susan van Zyl by 072 942 1530.