Augustus – Maand van Barmhartigheid

Jesus se hande en voete in Calitzdorp

Maand van Barmhartigheid

Die Maand van Barmhartigheid (of Barmhartigheidsmaand) is ‘n spesiale inisiatief wat in Afrikaanse geloofsgemeenskappe, veral binne die NG Kerk, tradisioneel in Augustus gehou word. Dit fokus daarop om deur liefde, diensbaarheid en konkrete hulp uit te reik na mense in nood en die breër gemeenskap. Dit herinner ons aan wat ons lees in Matteus 5:7:

“Geseënd is dié wat barmhartig is, want aan hulle sal Barmhartigheid bewys word.” – Matteus 5:7.

Om ‘n volgeling van Jesus te wees maak my nie net ‘n heilige in die kerk of in my binnekamer nie. Dissipelskap moet tog op die markplein geleef word. Daar waar die Here my in die wêreld wil gebruik as Sy verteenwoordiger. Barmhartigheid is ook nie net ‘n jammer gevoel vir mense in nood nie. Barmhartigheid is die God-gegewe
vermoë om as’t ware binne in die vel van iemand anders te klim totdat jy deur sy oë sien, met sy ore hoor, met sy gedagtes dink, en voel soos hy voel en leef. Sy nood
word jou nood. Daarom wil jy dan ‘n verskil maak en sy of haar las verlig.

Die Maand van Barmhartigheid vorm deel van ons Fokusprogram in Augustus en September. Ons as Gemeente wil in Augustus maand weer ons fokus plaas op verskeie van ons projekte waar ons ‘n verskil maak in mense se lewens. Die uitnodiging is vir ons lidmate om deel te wees daarvan en saam met ons op reis te gaan in Augustus maand om te streef daarna om ‘n verskil in ander se lewens te maak.

SONDAE:

Sondag 9 Augustus: Vrouedag. Klipheuwel en Philadelhia Gemeentes besoek ons.

Sondag 16 Augustus: Gideons besoek ons tydens die erediens

Sondag 23 Augustus : Marina Prins van Member Care besoek ons tydens die Erediens

Sondag 30 Augustus: Sutherland Gemeente besoek ons tydens die erediens

 

SPESIALE GELEENTHEDE

Maand van Barmhartigheid in Augustus:

  • Kos word ingesamel vir die Kosprojek deurlopend deur die maand. Bring asb kosprojek kos na Kerkkantoor of plaas in mandjies in voorportaal.
  • Ons besoek die Young Dawids en Young Esters in Klipheuwel : 14 Augustus.
  • Ons besoek die vroue van Klipheuwel : 18 Augustus
  • Omgeekamp word gehou vir huiswerkers en vroue van Klipheuwel: 21-23 Augustus
  • Kontreikuier saam met Sutherland Gemeente: 28 Augustus